Wednesday, July 2, 2008

Herman en Marda Kom kuier!!

Ons begin die naweek met 'n lekker ontbyt by Arnolds...


Daarna ry ons om die een berg en kyk uit oor Kampsbaai




En so aaklig as wat dit is.. gaan ons dan Llundudno toe...
Hier het Herman oulike sandvoete gekry!

Daarna raak dit nog erger as ons by die Twaalf Apostel Hotel moet sit en na hierdie uitsig kyk terwyl ons cocktails drink.

Wat 'n straf!

Hehehe...
Elliott moes kantore trek en kon nie die dag saam speel nie, maar vir sy straf moes hy koffie maak. (in die venster hang ons al die blomme wat hy vir my koop)


En hy moes ons uitvat vir prawns en sushi!
Dit was heerlik!


Marda se cool skoene!


En op die laaste dag moes ons nog gou dié uitstappie doen.
Pragtige weer en lekker uitsig.



Sorry Herman, maar julle vat te lank met julle update... so ek moes julle voorspring!
Mis julle almal!!

1 comment:

Piet en Etrese said...

Ek het al begin wonder wanneer die eerste Tafelberg foto gaan verskyn.
Baie mooi! Sulke fotos hoort op 'n blog van Kaapstad inwoners.
Klink my julle het lekker gekuier en baie gesien. Een van die dae is dit ons beurt.