Ons plan was om gou met 'n familie te begin en was gelukkig om te hoor daar is 'n tweeling oppad. Swanger wees is nie vir sissies nie en ek het baie gesuffer. Ek MOES elke dag bovril broodjies eet en pienk melk drink, later het ek 'n sak lemoene in 'n week gepolish. Elliott moes net rustig bly en al my moodswings hanteer.
En hier sit ons ook al in ons nuwe huisie want ons moes net trek toe ek 7 maande swanger was.
Travis wonder maar net waar hy in die prentjie gaan inpas
Ek en Vanessa is saam swanger. Die Henderson Familie groei mooi.
Alles word reggemaak vir die kinders se aankoms
Ouma het ook van ver af gevlieg om te kom help met die babas en het altyd gesorg dat daar kos op die tafel is, tog te lekker :)Op 18 Augustus 2011, is Vincent om 9h25 en Sebastian om 9h27 gebore. Dit was die beste dag van my lewe en om hulle klein gesiggies te sien vir die eerste keer is iets wat ek nooit ooit sal vergeet nie. Hier is ons al by die huis besig met voeding.

Monica het mooi karre hempies gemaak en gestuur :) Hulle het so baie persente gekry!!
Ons eerste uitstappie om die pram te toets.