Saturday, January 28, 2012

Tuesday, January 10, 2012

Die babas kry persoonlikheid :)

Vincent dink altyd baie hard ...
Sebastian is meestal net tevrede

Vincent begin mooi glimlag
en Sebastian giggel in sy mou :)

Arms vol plesier


Monday, December 5, 2011

Die somer begin :) Lekker!!

Vanessa, Giles en klein Stuart het bietjie kom kuier en ons hande was vol :)



Lekker in die speelhoekie saam met ons nuwe nefie :)


Verder is dit net melk, melk en nog melk! Yum!


Tuesday, October 25, 2011

Elke dag nog fotos








Mens kan net nie ophou fotos neem van die kindertjies nie. Hulle is so oulik :)

Monday, October 10, 2011

Ek is swanger!!

Ons plan was om gou met 'n familie te begin en was gelukkig om te hoor daar is 'n tweeling oppad. Swanger wees is nie vir sissies nie en ek het baie gesuffer. Ek MOES elke dag bovril broodjies eet en pienk melk drink, later het ek 'n sak lemoene in 'n week gepolish. Elliott moes net rustig bly en al my moodswings hanteer.









En hier sit ons ook al in ons nuwe huisie want ons moes net trek toe ek 7 maande swanger was.


Travis wonder maar net waar hy in die prentjie gaan inpas

Ek en Vanessa is saam swanger. Die Henderson Familie groei mooi.

Alles word reggemaak vir die kinders se aankoms







Ouma het ook van ver af gevlieg om te kom help met die babas en het altyd gesorg dat daar kos op die tafel is, tog te lekker :)


Op 18 Augustus 2011, is Vincent om 9h25 en Sebastian om 9h27 gebore. Dit was die beste dag van my lewe en om hulle klein gesiggies te sien vir die eerste keer is iets wat ek nooit ooit sal vergeet nie. Hier is ons al by die huis besig met voeding.



Monica het mooi karre hempies gemaak en gestuur :) Hulle het so baie persente gekry!!
Ons eerste uitstappie om die pram te toets.








Ouma en Oupa help graag met die vroeg oggend skof, sodat ons bietjie kan rus.




Oupa kan nie genoeg kry van die babas nie en het heeltyd een van die twee op sy arm.